Die tyd aangedui, is die tyd wat jy in die lokaal moet sit. Eerste sessies begin elke dag 7:30. Let op verskillende tye vir tweede sessies.
Nadat register gedoen is, vraestelle uitgedeel is, leestyd verby is, begin die skryftyd 8:00. Ouers moet so 45 minute by die vraestel-tyd voeg om te bepaal watter tyd die leerders uit die lokaal gaan kom.
Geen vraestel mag op ‘n ander tyd/dag geskryf word nie. Indien jy siek is moet ‘n doktersbrief by die kantoor en onderwyser ingehandig word.