Op Vrydag, 30 Oktober 2026 vind ons heel eerste Volkies & Vriende Fees plaas! Maak gereed vir ’n onvergeetlike dag vol musiek, sport, kuier en vermaak vir die hele gesin!
Volkies & Vriende Fees bring van Suid-Afrika se top kunstenaars bymekaar, saam met die gewilde “Toks en Tjops”-sportgeselsprogram, heerlike volksmusiek en hope vermaak.
Dit is meer as nèt ‘n musiekfees – dis ons mense, ons taal, ons kultuur, ons fees! Of jy nou kom vir die musiek, sport, familiepret of bloot ’n lekker dag saam met vriende — hierdie is ’n fees wat jy nie wil misloop nie!
Volkies & Vriende Fees – waar musiek, sport en vriende bymekaarkom!