Meester Louw Biblioteek

Die Meester Louw Biblioteek is die volgende tye oop:

  • Maandag tot Donderdag:
  • Tydens eerste en tweede pouses en na skool tot 15:00

Dienste:

Uitneem van boeke: Vakliteratuur, Fiksie-, Afrikaans en Engels.

Ons het die afgelope jaar 215 boeke aangewins vir die biblioteek. Dit sluit Nie-Fiksie, Afrikaans en Engelse Fiksie in. Ons doen moeite om ons leerders op hulle leesvlak te ontmoet en daar is iets vir almal. Ons het jaarliks 2 fondsinsamelings wat ons gebruik om vir ons leesers boeke aan te koop. Boeke kan Maandae tot Donderdae tydens pouses, en na skool van 14:00 tot 15:00, uit geneem word.

  • ‘n Biblioteekkaart kos R 50.00 per jaar en is by die finanskantoor betaalbaar of die EFT betalings kode is MLB.
  •  Dit stel ‘n gebruiker instaat om elke 2 weke 2 boeke uit te neem.
  •  ‘n Boek kan hernu word vir nog 2 weke
  •  Boeke moet asseblief mooi opgepas en betyds terug besorg word
  • Leesklasse: Maandae tot Donderdae van 14:00 tot 15:00.
    “Readers are Leaders” Die program word gratis aan Volkie leerders gebied. Die program word van Graad een af gebruik tot drie jaar na skool. Dit is tot almal se beskikking. Leerders wat die program gebruik het se punte het met tot 30% verbeter. Die program werk in Engels en Afrikaans.

‘n Leerder kan net gehelp word as hy/ sy opdaag en die program gebruik.

 

  • Navorsing: ons beskik oor ‘n naslaanafdeling en rekenaars wat aan die internet gekoppel is. Leerders moet asseblief dadelik kom wanneer hulle ‘n navorsingstaak gekry het, want die rekenaars is beperk.
 
  • Drukwerk vir navorsing kos R 3.00 per kant per bladsy. Daar is nie ‘n fotostaatmasjien in die biblioteek nie
 
  • Handboeke: Inneem en uitgee vir alle grade gedurende die jaar.
 

Skenkings: Ons sal dit baie waardeer as u boeke wat nie meer gebruik word nie eers vir ons bring om ons Biblioteek uit te brei. Alle boeke wat ons nie kan gebruik nie neem ons dan na die DBV.  Ons wil vars boeke vir ons jong leesers beskikbaar stel.