Aan die hange van die Suikerbosrand, met die pragtige natuurskoon as agtergrond lê genestel ‘n skool waar die ryke tradisies van die verlede gekoester word sonder om te vergeet om toekomsgerig te wees. Hier bou jong mense ‘n pragtige toekoms, om as Volkies hulle plekke in hierdie mooi land vol te staan.

Volkskool is ‘n skool waar die onderwysers nie net onderwys gee nie, maar die basis skep wat verseker dat jongmense as waardige landsburgers ‘n bydrae kan maak op alle terreine van die samelewing.

 

Die vraag is dus nie of jy hierna toe moet kom nie, die vraag is eerder wanneer jy kom, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms kan en gaan maak

Skoolure:

Maandae tot Donderdae: 07:20 – 14:00

Vrydae – 07:20 – 13:30

 

Kantoorure:

Maandae tot Donderdae: 07:20 – 15:00

Vrydae: 07:15 – 13:30