Ons span werk intens daaraan om ’n dinamiese en volhoubare alumni-netwerk op die been te bring – een wat alle voormalige Volkies verbind en ons gedeelde trots en geskiedenis vier. Die reaksie tot dusver was bemoedigend, en ons alumni-gemeenskap groei geleidelik met elke maand.
Ons wil kontak maak met ons voormalige Volkies, hetsy Onderwysers, Leerders of Personeel.
Druk op die skakel of skandeer die code om deel te wees van die legende.
Sedert ons laaste kommunikasie het ons reeds ’n paar besonderse mylpale bereik:
Ons nooi julle uit om steeds aktief betrokke te bly. Julle kan ons help groei deur:
Ondersteun ons met ’n finansiële bydrae
As deel van die ontwikkeling van ons alumni-netwerk, stel ons belang in die instelling van ’n volhoubare finansiële basis. Indien jy in staat is om ’n maandelikse donasie te maak via debietorder, sal dit ons inisiatiewe en toekomstige projekte aansienlik versterk. Elke bydrae – groot of klein – maak ’n verskil.
Ons heg graag Hoër Volkskool Heidelberg se bankbesonderhede hierby aan vir enige bydraes. Indien jy belangstel om ’n gereelde (maandelikse) bydrae via debietorder te maak. Ons het die vorm aan indien u belangstel.
Dit kan direk na die epos adres …………………………. gestuur word.
Bankbesonderhede:
Baie dankie vir die entoesiasme, trots en ondersteuning waarmee julle hierdie projek dra. Ons sien uit daarna om julle op hoogte te hou van die volgende stappe – en om saam iets besonders te bou.
Volkiegroete,
Hoër Volkskool Heidelberg Alumni-span