Visie

Om die beste skool te wees waar elke individu die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Missie

Om gebalanseerde individue te ontwikkel wat in staat sal wees om hulle ideale te verwesenlik

Vir elke leerder ʼn tuiste te bied waar die leerder se volle potensiaal ontwikkel word op akademiese-, sport- en kulturelegebied deur toegewyde opleiding en afrigting met ondersteuning van die personeel- en ouergemeenskap.

Waar met trots ʼn eie identiteit gevestig word binne ʼn verantwoordelike waardestelsel en sosiale verantwoordelikheidsfeer, gebaseer op ʼn ordelike interaktiewe onderrigstrategie.

ONS WAARDES

  • Respek
    Agting te hê vir jouself, meerderes, minderes en gelykes deur hul waardes, geloof en besittings te respekteer.
  • Lojaliteit
    Jou opregte toewyding, ondersteuning en betrokkenheid tot Volkie wees.
  • Eerlikheid
    Om ten alle tye in die waarheid te spreek en leef.
  • Trots
    Deur met jou voorkoms, houding en optrede die respek te verdien van almal wat jou pad kruis.
  • Integriteit
    Om onwrikbaar te staan en te glo in ons waardestelsel.

ONS DOELWITTE

Ten einde die beste skool te wees waar elke individu die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik, word die volgende strategiese doelwitte gestel:

  • Eksterne invloede te bestuur tot voordeel van die skool en gemeenskap.
  • ‘n Sterk finansiële basis te bou deur effektiewe finansiële bestuur te handhaaf  ten einde die standaard van onderrig te verbeter.
  • Die skool intern en ekstern so te bemark om die aansien (beeld) van ons skool te vestig as skool van eerste keuse vir hoë prestasie van leerders en personeel.
  • Die veiligheid van ons leerders en personeel te verbeter.
  • Leerdertoewyding te verbeter deur verhoogde betrokkenheid, diversiteits-ontwikkeling, toepaslike dissipline,  ten einde ‘n kultuur van verdraagsaamheid en samewerking te vestig.
  • Om elke Volkie tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel op akademiese-, kultuur- en sportgebied.
  • Die vestiging van ‘n gesonde en dinamiese bestuursklimaat waarbinne personeel gemotiveerd hulle werk met trots kan verrig.
  • Om die nodige infrastruktuur daar te stel om te dien as basis vir kwaliteit onderrig en ander aktiwiteite.