Tienertoneel / Eisteddfod

‘n Toneelgeselskap behels veel meer as net toneelspel of om ‘n akteur te wees. Ons benodig ‘n volledige span wat deel sal wees van die regie, vervaardiging, klank en beligting en verhoog bestuur. Daar is verskeie rolle agter die skerms waarvan leerders kan deel wees.

 

Verhoogbestuurders sorg vir die organisasie van alles wat op die verhoog plaasvind.
Kostuums moet ontwerp word. Enige leerder wat belangstel in grimmering kan deel word van die bestuurspan. Meisies OF seuns wat belangstel in stel ontwerp en dekor is ontsettend belangrik – stelstukke moet ontwerp, beplan en gebou word. Advertensie, bemarking en media ontwerp sal ‘n leerder verg wat kreatief is en selfs rekenaar vaardig. Ons lei ook leerders op om basiese klank en beligting te behartig. Dus is Tienertoneel veel meer as net ‘n “konsert”.

Me. S.Cloete

Tienertoneel / Eisteddfod

Oor die jare het Volkskool talle suksesvolle verhoogproduksies op die been gebring. Tienertoneel vind jaarliks plaas en die produksie neem deel aan die jaarlikse, landswye ATKV Tienertoneel kompetisie.

 

Enige leerder in enige graad is welkom om hulle name by Me. Suzaan Cloete te kom opgee. Oudisies vind  15 en 22 Februarie 2023 vanaf 16:15 tot 18:00 plaas in K58.

 

Sluitingsdatum vir die inskrywings vir ATKV-Tienertoneel sluit reeds 21 April 2023 en 31 Mei 2023 vir die FAK Toneelfees. Ons sien uit om in 2023 geskiedenis te maak met een van die beste produksies in jare. Kom wees deel van Die Orpheum-geselskap!

Oefentye: Dit word aangepas volgens die leerders se buitemuurse aktiwiteite.

Buite afrigter namens die Drama akademie: Salomé Calitz

Eisteddfod

Leerders van Volkskool kan aan enige Eisteddfod deelneem. Daar is jaarliks die Suikerbosrand Eisteddfod en die Heidelberg Eisteddfod wat hier op eie turf gestig is. Leerders kan aan verskeie genres binne ‘n Eisteddfod deelneem.