HOTELSKOOL:

Die skool se ou saal is in 1997 omskep in ‘n lieflike nuwe hotelskool. Die vak Gasvryheidstudies se praktiese komponent word hier aangebied en leerders moet hulle praktiese eksamens hier aflê. Hulle word geleer hoe funksioneer ‘n kombuis, die bediening van voedsel asook alles rakende kroegbediening. Die praktiese deel van graad 10 tot 12 word tydens gasvryheidsaande gehou. Tydens die funksies maak die leerders al die kos en word die hele praktiese komponent deur hulle hanteer. Die hotelskool word ook deur buite instansies benut vir funksies.

SPORTFASILITEITE:

  • ATLETIEK- EN RUGBYSTADION:

Die hoofstadion bestaan uit ‘n uitstekende gras-atletiekbaan met die A-Rugbyveld. Die stadion beskik oor uitstekende geriewe en fasiliteite met spreiligte. Die B-Rugbyveld is aangrensend tot die stadion en beskik oor sy eie paviljoen.

  • HOKKIEVELDE:

Daar is twee hokkievelde en ‘n derde wat slegs vir oefeninge gebruik word. 

 

  • NETBALBANE:

Die netbal beskik oor vier sintetiese weervaste bane wat onlangs nuut oorgedoen is.

  • SWEMBAD:

Daar is ‘n lieflike swembad waarin ons swemmers oefen vir die puik prestasies wat hulle bereik.

  • KRIEKETNETTE

Die krieketnette en- blaaie is in ‘n uitstekende toestand en daarom  presteer ons krieket so goed.

Die skool het ook ‘n Krieket-akademie wat aktief bydra tot die suksesse van krieket. 

  • TENNIS:

Die skool beskik oor vier weervaste tennisbane (ook onlangs oorgedoen) wat ook as ekstra netbalbane gebruik kan word.

REKENAARSENTRUMS:

Die skool beskik oor twee uitstekende toegeruste sentrums wat deur die vak Rekenaartoepassingstegnologie gebruik word. Beide is toegerus met internet vir die gebruik deur die leerders. Streng kontrole en reëls maak dit veilig om die internet te gebruik.

Die skool se mediasentrum is die alternatief vir die benutting van geskrewe bronne en take.

LANDBOUTEGNOLOGIE SENTRUM:

Die leerders in Landbou-Tegnologie het die gebruik van ‘n modern toegeruste sentrum waar hulle die praktiese komponent van die vak kan bemeester.

KOSHUIS:

  • Ons koshuis is onlangs opgegradeer en bied uitstekende geriewe teen uiters billike tariewe.
  • Voltydse koshuisinwoning is beskikbaar.
  • Daar word ook voorsien aan dagstudente.
  • Leerders voorsien eie beddegoed.
  • Vir enige navrae skakel  die skool gedurende skoolure by tel. no 016 341 3165 (Mnr. Neels de Villiers) of e-pos: koshuis@volkies.co.za

MASTER MATHS

Is beskikbaar vir leerders wat sukkel om Wiskunde baas te raak. Dit is op die skoolterrein en oop vir leerders na skool, teen minimale koste.