Hoër Volkskool Heidelberg

Redenaars

Volkies kan ‘n storm los praat! Ons hou jaarliks interne uitdunne waar enige leerder van Volkskool kan deelneem. Hierdie uitdunne bepaal wie sal deurgaan na die ATKV streeksuitdunne. Ons behaal jaarliks goeie prestasies in hierdie veld. Ons leerders word goed voorberei en Volkie- onderwysers is gretig om te help met afrigting en skryfkursusse. Daar is ook ander buite-kultuur kompetisies soos Radikale Redenaars wat leerders meer vryheid gee met temas.

Tye en temas vir 2022 is nog onbekend, maar sodra dit deurgegee word, sal dit op die blad verskyn.

Ons sien uit na die sprekers van die toekoms! Kom sê jou sê met Volkie trots!

Organiseerder: Adele du Toit