Boodskap van die hoof

Dit is my voorreg om voort te bou aan hierdie skool wat meer as 105 jaar se waardes, tradisies en trots het. Mens kan nie anders as om “hoendervleis” te kry as jy deur die geboue beweeg  en die besondere argitektuur bewonder.

 

Op kultuur gebied werk ons hard om ons leerders se talente te ontgin. Die revue en koor sal verseker vir talle hoogtepunte sorg. Ons Kultuur-akademie sorg ook vir die fynere afronding van leerders wat belangstel om van dié vakke as agtste vakke te neem.

 

Op die sportterrein sien ons uit na verskeie reekse en byeenkomste waar al ons spanne sal kompeteer teen gesonde kompetisie. Daar is  verskeie aktiwiteite wat dit moontlik maak dat elke leerder die geleentheid het om deel te kan neem.

 

Kaskardag, Boendoe en mnr. en mej. Volkie is maar net ’n paar van die aktiwiteite wat sorg dat ons op die sosiale front ook ons deel doen.

 

Daar is ’n baie hoë premie op ons kernbesigheid naamlik Akademie. Daar is verskeie hulpmiddels in 2020 ontwikkel om al ons leerderds by te staan. Ons bied gratis aan al ons leerders die e-leer platvorm, Wolkskool. Hier kan al ons leerders ’n verskeindenheid van lesse en vidoes bekom . Ons  werk ook hard om meer effektiewe terugvoering aan ouers te gee rakende vordering en pligsbesef van ons leerders.

Ons hoop en vertrou dat ons binnekort weer soos normaal sal kan funksioneer  en ons, ons staal sal kan wys as ware Volkies.

 

Volkiegroete.

 

Sias Botha