Hoër Volkskool Heidelberg

KENNISGEWINGS

Die Orpheumkoor

Die Orpheumkoor is een van die oudste skoolkore in die land. Vele verhoogproduksies is deur die Orpheumgeselskap op die been gebring.

Ongelukkig het die koor vir ‘n tydperk van byna 9 jaar tot stilstand gekom, maar is weer amptelik in 2016 op die been gebring deur ‘n oud Volkie, Vaughan van Zyl, huidige musiekdirekteur van die Drakensberg seunskoor.

Oudisies vir 2022 sal reeds vanaf September 2021 begin. Datums sal deurgegee word.

Afrigter: 

Ferdinand Liebenberg

Koördineerder: 

Suzaan Cloete

Oefentye

Elke Dinsdag vanaf 18:00 tot 20:15 in die skoolsaal of Kamer 58.