Maak gerus gebruik van die volgende skakel indien u iets positief of negatief onder die skool se aandag wil bring.
Leerders kry geleentheid om rapportpunte in elke vak te kontroleer by die vakonderwyser, voordat rapporte gedruk word.
Omdat ons skool ‘n groot verskeidenheid vakke aanbied, en leerders soms unieke kombinasies van vakke kies, kan sommige leerders se vraestelle oneweredig versprei wees op die rooster.