Akademie

By Hoër Volkskool word hoë prioriteit aan akademie gegee. Die personeel is baie ervare en is hoogs gemotiveerd om die beste resultate te behaal. Daar word jaarliks hoogstaande prestasies gelewer.

Akademie FAQ's

Hoe weet ek wat tel punte en wat nie?

  • Elke leerder ontvang aan die begin van die jaar ‘n assesseringsplan in elke vak. 
  • Alle opdragte, huiswerk en klastoetse word gegee sodat leerders werk bemeester op ‘n kleiner skaal.

‘n Vak (in dieselfde graad) word deur verskillende onderwysers aangebied. Dit voel of die onderwysers nie dieselfde werk doen nie.

  • Alle opvoeders werk vanaf die voorgeskrewe jaarplan. Personeel vergader gereeld om seker te maak dieselfde inhoud word gedoen.  Teen die tyd dat leerders toets/eksamen skryf, sal dieselfde vakinhoud gedek wees.
  • Die departementshoofde kontroleer gereeld skrifte.
  • Beide personeel het ook insae in die opstel van vraestelle en opdragte.

Wanneer kan ons die toetsrooster of eksamenrooster verwag?

  • Met die eksamenrooster wag ons vir die rooster vanaf die Departement.  Sodra dit ontvang is plaas ons vakke wat nie daarin is nie en binne 48uur daarna stel ons dit beskikbaar. 
  • Die toetsrooster is gewoonlik 2 weke voor die toetsreeks begin, beskikbaar.

Hoe weet ek daar is nie ‘n fout op my kind se rapport nie?

Leerders kry geleentheid om rapportpunte in elke vak te kontroleer by die vakonderwyser, voordat rapporte gedruk word.

Waarom is my gr 10-12 kind se eksamenrooster so "rof"?

Omdat ons skool ‘n groot verskeidenheid vakke aanbied, en leerders soms unieke kombinasies van vakke kies, kan sommige leerders se vraestelle oneweredig versprei wees op die rooster.

Hoe word die Top Tien bepaal?

  • Die tien leerders met die hoogste totaal in elke graad. By gr 10-12 word LO nie bygetel nie.  ‘n Leerder met Wiskundige Geletterdheid kan ook nie op die Top Tien wees nie.
  • ‘n Leerder met ekstra vakke, se ses beste vakke (Wiskunde en Afrikaans moet ingesluit wees) se totaal word gebruik. 

Hoe word die kwartaalikse Akademiese-span bepaal?

  • Vir graad 8 -11:   alle leerders met ‘n gemiddeld van 80%+ op hul rapport.
  • Vir graad 12:             alle leerders met ‘n gemiddeld van 75%+ op hul rapport.

My kind is afwesig tydens 'n toets of eksamen. Kan hy die toets op 'n ander dag skryf?

Nee.  Toetse en eksamens word slegs op die geskeduleerde datum geskryf.

Wat is 'n "wettige afwesigheid" van 'n toets/eksamen/oprag?

  • Met ‘n “wettige afwesigheid” word ‘n leerder nie gepenaliseer nie, en ontvang ‘n “a”.
  • Dit is ‘n akute mediese probleem, waarvoor die leerder ‘n doktersbrief inhandig.
  •  ‘n Brief van die kliniek word nie aanvaar nie.
  • Indien die leerder nie ‘n wettige verskoning het nie, sal hy/sy ‘n nulpunt ontvang.
  •  ‘n Voorafgeskeduleerde afspraak (bv. ‘n ortodontis-, oogkundige of lisensie-afspraak) sal nie aanvaar word as ‘n wettige verskoning nie. 
  • Die afwesigheid a.g.v ‘n verlengde naweek of ‘n vroeë vakansie, sal nie aanvaar word nie.