Hier is ons Vreeslose Volkie koshuisbrakke, waar ons onsself uitleef, tenvolle geniet en tot ons volle potensiaal geskoei word in ‘n veilige, maar huislike omgewing.
Die missie van HVH Koshuis is om elke leerder in sy/haar totaliteit tot ‘n verantwoordelike en Christelike volwassene te lei.
Visie
Skep van ‘n ordelike, huislike omgewing waarbinne leerders tuis voel en geleentheid gebied word om nie net akademies en fisies nie, maar ook geestelik en sosiaal ten volle te ontwikkel.
'n Dag in die koshuis
06h00 – Opstaantyd
06h30 – Daaglikse inpseksie
06h45 – Ontbyt
07h15 – Stap 100m skool toe
14h05 – Sodra die skool uitkom haas die leerders terug koshuis toe vir middagete.
14h30 – 17h00 – Buitemuurse aktiwiteite, sport en ekstra klasse
14h45 – 15h45 – Daar is verpligte studietyd vir huiswerk, take en leer.
16h00 – 18h00 – Leerdes het vrye tyd tot en met aandete en gedurende hierdie tyd vind ernstige handjie-tennis- of skaaktoernooie plaas. Musiek en geselskapgroepe is ook aan die orde van die dag.
18h00 – Aandete. Woensdae is poedingaande en gereelde geestelike verrykingsaande vind op Woensdagaande plaas.
Koshuislied
Daar’s ‘n Koshuis by Hoër Volkskool aan die Suikerbosrand.
Dis die tuiste van ons kinders wat die beste is in ons land.
Ons is ‘n hele wenspan wat na oorwinning vra en net ons beste lewer vir ons Volk en Vaderland.
Daar’s ‘n Koshuis by Hoër Volkskool, dis die plek waar ek wil wees,
dis my plek weg van die huis af, dis die tuiste van my gees,
daar woon in al my vriende, dis waar ek kan lees die boeke van die lewe en om Sy kind te wees.
Vir enige navrae stuur epos aan koshuis@volkies.co.zaof skakel Adéle Horn op 064 549 9859