Daar word van die leerders verwag om die skool se amptelike skooldrag te dra en te alle tye netjies te lyk.
Geen toevoegings tot die uniform sal toegelaat word nie (bv. mussies).
Die formele baadjie is verpligtend vir al die leerders.
Die hoedjie vir dogters (“cheesecutter”) en seuns (“buggy”) is verpligtend en die enigste hoedjies wat aanvaar word.
Geen ringe, juwele, bykomstighede, gekleurde kontaklense of sigbare tatoeëermerke word toegelaat nie.
Geen kleur van hare of dra van eksotiese haarstyle word toegelaat nie.
Vingernaels moet kort, netjies en skoon gehou word.
Geen naellak. Geen vals naels of naelkuns nie.
Normale skoolreëls geld wanneer leerders (met toestemming) gemaklike kleredrag tydens skoolure aantrek. Leerders moet netjies lyk. Geen deursigte, styfpassende of skrapse kleredrag word toegelaat nie. Hare, skoene en bykomstighede moet ten alle tye netjies wees.
Geen leerder sal, om watter rede ook al, toegelaat word om nie die voorgeskrewe skooldrag te dra nie.