Sosiaal

Hier by Volkskool word spog funksies gehou. Gesellighede vir oud en jonk, van ‘n Manne-aand of Sport dinee tot ‘n Dames oggend, Pa-en-seun en Ma-en-dogter aksies en ook ons jaarlikse Mnr en Mej Volkie glans geleentheid.

Mnr. en Mej. Volkie 2023 finaliste

Gemeenskapsprojekte

Volkies se hande is uitgestrek na ons gemeenskap. Ons neem graag deel en loods ook gereeld projekte waarin ons wys dat ons harte klop vir ons gemeenskap.

Fondsinsamelings

Ons bou stapels en torings met blikkieskos, laai bakkievragte hondekos af by die DBV en ons maak ‘n draai by die ouetehuis met koekies en tee. As die Volkies omgee kan ons gee en gee en gee…

Leerder-pret

Vir pret en plesier is hier baie geleenthede by Volkskool. Ons vang gees, sing uit volle bors, ry kaskarre, stap 10km in die BOENDOE, wees kreatief met opedae, ondersteun ons skool, dorp en land en maak Hoërskool pret.

Sokkies, Danse, Afskeide

Van ‘n ligte-luim geesvang-sokkie ,’n statige valentynsbal tot baie deftige matriekafskeide. As die musiek begin speel dans die Volkies saam.

Onnie-oomblikke

Die onderwysers en personeel hier by Volkskool is passievol oor ons kinders en skool en hulle vang saam gees, hou self ook konsert en kamp uit langs die velde om vir ons kinders die beste geleenthede te gee.