Hoër Volkskool Heidelberg

Refleksie van twee jaar se beplanning en oefen aan ‘n reuse suksesvolle revue produksie.
Ons skool is in ekstase oor die pragtige revue van hoogsstaande gehalte wat deur Hoër Volkskool Heidelberg aangebied is met organiseerder en regisseur Me. L. Labuschagne aan stuur.
Kaleidoskoop is ‘n produksie wat nog lank oor gepraat gaan word en waarop Hoër Volkskool Heidelberg en sy leerders baie trots kan wees.
Volkskool het ongelooflike talentvolle leerders in sang, dans en toneelspel. Elke Volkie wat deelgeneem het was ‘n ster. Baie dankie vir julle volgehoue harde werk en determinasie om saam te werk net soos Volkies dit kan doen.
Dankie aan elkeen wat ons skool se leerders kom ondersteun het. Dankie aan ons ouers se ondersteuning. Dit was heerlik om voor vol sale te kon optree.
Dankie aan die volgende persone wat hierdie geleentheid vir ons Volkies moontlik gemaak het en potensiaal in ons skool se kinders raakgesien het. Dankie vir julle tyd en vaardighede wat julle opgeoffer het om met kreatiwiteit en passie die wiele te laat rol het:
Me. Leonie Labuschagne (organiseerder en regisseur)
Chrizner Kalp en Rain Hayde (choreograwe)
Salome Calitz (skryf van die toneelstuk)
Riaan van Rensburg RvR Produksies (klank en beligting)
Mnr Sias Botha (skoolhoof)
Andrew Cloete (verhoog beplanning en uitbou)
Riana Cloete vir die bemarking en elke onderwyser wat tyd en energie afgestaan het.

Revue

Kaleidoskoop: Die viering van verskille en uniekheid. Die wêreld het jou “kleur” nodig om die skildery te voltooi. Ons sien uit na Volkskool se revue vroeg volgende jaar 2022.

OEFENINGE

Revue oefeninge vir die dansgroepe het afgeskop in die tweede week van Augustus 2021. Sangoudisies het reeds plaasgevind, en 15 leerders is gekies vir die opnames en solo’s. Die sanggroep oefen weekliks. `n Datum vir die oudisies vir die hoofrolle sal nog deurgegee word.

Revue oefentye word weekliks bevestig.

REVUE-SPAN

Organiseerder:

Bestuur-Oog:

Klank en Beligting: 

Choreograwe:

 

Bemarking:

Groep A:

Groep B:

Groep C:

Groep D:

Groep E:

Mev. L Labuschagne

Mnr. S Botha

R & R Produksies

R Hayde

C Kalp

R Cloete

E Boshoff

F Raubenheimer

M Strassburg

N Krause

S Lombard