Gr 8 2025

Ons DROOM vir Hoër Volkskool rus op vier pilare: 

  1. Akademie 
  2. Sport 
  3. Kultuur 
  4. Sosiaal 

Jy, as voornemende graad  8- leerder, sal hier deel word van die VOLKSKOOL-DROOM en so help BOU aan die karakter van ‘n tradisieryke skool waar Christelike waardes, trots, dissipline en gees die wenresep is. 

Jy sal ook, as deel van die VOLKSKOOL-wenspan vele geleenthede kry om van nuuts af jou eie drome, verwagtinge en ideale te verwesenlik. 

HOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG sien met groot afwagting uit na jou bydrae… 

TOELATINGSVEREISTES

  • Die onderrigmedium van die skool is Afrikaans. 
  • Leerders uit die natuurlike voedingsgebied van die skool geniet voorkeur by toelating. 
  • Ouers of voogde moet onderneem om die finansiële verpligting, soos bepaal deur die Beheerliggaam, stiptelik na te kom. 
  • Ouers, voogde en leerders moet onderneem om die skool se reëls te eerbiedig en leerders moet hulle daarby neerlê. 
  • Toelatingsvereistes is streng volgens regulasies soos bepaal deur die Gautengse Departement van Onderwys (GDO).
  • Afskrifte van die volgende dokumente word verlang met aansoek: 
    • Gesertifiseerde ID/Geboortesertifikaat Leerder 
    • Gesertifiseerde ID Vader 
    • Gesertifiseerde ID Moeder 
    • Gesertifiseerde ID van Rekeningpligtige indien verskil van Vader / Moeder / Voog 
    • 1 x ID– foto per leerder 
    • Nuutste Water en Ligte Rekening 
    • Nuutste Rapport: vorige skool 
    • Oorplasingsertifikaat
  • Inskrywingvorm is beskikbaar by die algemene kantoor 
  •  

AANSOEKVORMS MOET INGEHANDIG WORD BY DIE ALGEMENE KANTOOR